Onskuld is 'n vrug
'n droë metafoor vir ouer raak
ek stap versigtig met 'n blinddoek op
dis baie mooi as twee jong mense soen
begeerte is 'n spieëlbeeld
omstandigheid 'n luuksheid van
gesonde verstand
dis dalk onplesierig
maar die roltrap moet jy trap
onskuld is 'n vrug
'n droë metafoor wat ouer raak
ek stap versigtig met 'n blinddoek op
ons kort 'n lyer
'n bedrieër om ons op te sweep
om vir ons rigting te kan gee
en al die kenners stem ooreen
jou eie graf moet jy seker
maar self grawe
jou eie doodskis jouself maak
jou eie toespraak by jou begrafnis praat
onskuld is 'n vrug
'n vrot metafoor vir ouer raak
ek stap versigtig met 'n blinddoek op
jou breinkind gaan jou doodmaak
en almal sal verstaan
hy is uit kadawers aanmekaar geslaan
onskuld is 'n vrug
'n droë metafoor wat ouer raak
ek stap versigtig met 'n blinddoek op
Le Ultime News
Il ritorno di Laura Pausini: un incontro con Beyoncé e Jennifer Lopez, poi il nuovo album
Billboard Awards 2013: trionfa la Swift, fischi per Bieber (video)
Miley Cyrus: la più sexy per Maxim
Elisa è mamma per la seconda volta: è nato Sebastian
Sei appassionato di cucina? Ecco qualche consiglio per te
Links