Agter Elke Man Testo

Testo Agter Elke Man

Ek scheme 'n ou score nooit nie
Life se rules maak jou te dronk
En die breaks lê soms so ver weg
Deur die tralies van 'n tronk
Jan Wolm se baksteenhuisie
Antie Stienie se kombuis
Waar sy en Sarie suffer
Swaarkry het sy prys
Leana is nou Steve sin
Doreen se hart is dood
Vir ou boyfriends wat op bikes ry
En rond lê sonder brood

Daars 'n vrou wat weet wat aangaan
Agter elke man
Al staan sy daar en die trane loop
Saggies oor haar wang
Almal maak tog foute
Saam maak ons 'n span
Solank as daar 'n vrou staan
Agter elke man

Joy Boy bly 'n jailbird
En 'n welfare goose se smile
Want daars net regtig rykdom
As daar goud is in jou hart
Kom surprise my met n nuwe world
Waar elkeen op sy eie jol
Ek scheme dit kan nie werk nie
Want vir almal is daar n rol
Een speel hy weet wat vry is
Vasgevang in n cage
Speel maar waar jy lus kry pel
Almal staan op die stage

Daars 'n vrou wat weet wat aangaan
Agter elke man
Al staan sy daar en die trane loop
Saggies oor haar wang
Almal maak tog foute
Saam maak ons 'n span
Solank as daar 'n vrou staan
Agter elke man